Student verower honneursgraad in eg SA-lekkernye

Toe Rudolph Boraine se ma eendag met Kaaps-Maleise koesisters by die huis aangekom het, het dit dié soettand se navorsingsonderwerp bepaal.

PRETORIA, GAUTENG - 'n Student van die Universiteit van Pretoria sê enige onderwerp het 'n unieke oorsprong en agtergrond wat opgeteken kan word.

Daarom het Rudolph Boraine se navorsing vir sy honneursgraad in geskiedenis oor twee gunsteling Suid-Afrikaanse lekkernye gehandel.

Boraine, wat serebaal gestremd is, het dié graad boonop met lof behaal.

Source
eNuus

Paid Content