Suid-Afrikaanse kunstenaars blink uit op wêreldverhoog

Caleb Bediako is as die algehele senior wenner van die wêreld-afdeling aangewys by die wêreldkampioenskap vir uitvoerende kunste.

LOS ANGELES - Suid-Afrikaners het in verskeie kategorieë by die wêreldkampioenskap vir uitvoerende kunste met die louere weggestap.

Die finaal van dié skouspel het vroeg Saterdagoggend Suid-Afrikaanse tyd by Disneyland in Kalifornië plaasgevind.

Die wenners is onder meer beloon met beurse om by vooraanstaande Amerikaanse universiteite te gaan studeer.

Source
eNuus

Paid Content