Suid-Afrikaners gestrand in SA, gaan hof toe

Honderde Suid-Afrikaners het ’n dringende hofaansoek gebring vir repatriasie na die buiteland

KAAPSTAD - Die organisasie "Locked in South Africa", of LISA, het ‘n dringende hofaansoek namens 3 500 Suid-Afrikaners gebring. 

LISA verteenwoordig Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk, maar huis toe gekom het net voor die inperking begin het. 

Lede van LISA wil hê die regering moet hulle toelaat om die land op eie onkoste met repatriasievlugte te verlaat. 

Baie van hulle staan op die punt om hulle werk te verloor as hulle nie binnekort na hulle werkplekke in die buiteland kan terugkeer nie. 
 

Source
eNuus