Suid-Afrikaners se gesukkel vir werk

Een van 10 miljoen Suid-Afrikaners praat oor haar gespook om werk te kry.

ELDORADOPARK - Werkloosheid is rampspoedig vir die land in geheel, maar ook vir individue.

Volgens Statistieke Suid-Afrika het die nasionale werkloosheidskoers vir die vierde kwartaal van 2019 onveranderd op 29,1% gebly.

Dit is die eerste maal in ‘n dekade dat dit nie oor dié tydperk afneem nie.

Nou is daar vrese dat dit verder kan styg.

eNuus het met een van die land se mismoedige werksoekers gepraat.

Source
eNuus