Sunette droom steeds van Olimpiese goud

Sunette Viljoen is tans hard besig met haar voorbereiding vir die Olimpiese Spele wat vir 24 Julie tot 9 Augustus in Tokio geskeduleer is.

RANDBURG - Sunette Viljoen, Suid-Afrika se Olimpiese spiesgooier, is optimisties dat die skouspel later vanjaar in Japan voortgaan.

Trouens, sy bid en vertrou dat dit wel geskied, want sy beoog om vanjaar geskiedenis te maak deur die eerste Suid-Arikaanse vrou te word wat aan vyf Olimpiese Speles deelneem.

Source
eNuus