Tafelberg en ander parke weer oop

SANParke sal later hierdie week 'n volledige lys publiseer van nasionale parke wat tydens vlak drie van inperking besoek mag word.

KAAPSTAD - Sommige nasionale parke is vanaf Maandag weer oop vir besoekers.

Dít nadat die minister van Toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, die afgelope naweek nuwe inperkingsregulasies vir dié bedryf bekend gemaak het.

Wildsplase kan nou oopmaak vir besigtigingsritte, mits besoekers self bestuur.

Toergidse en -operateurs mag ook weer werk en verblyf mag vir sakedoeleindes bespreek word.

Source
eNuus