Tannie Poppie se liplek-lekker roosterkoeke

8 Augustus 2019. Tannie Poppie se liefde vir mense en kos, het gelei tot ‘n uiters spesiale uitnodiging na Europa. 

LAINGSBURG - ‘n Karoo-tannie verruil binnekort die sypaadjies van die Karoo vir die wandelpaaie in Italië - alles te danke aan haar roosterkoekies.

Rosaleen Elize Van As, of soos sy in Laingsburg bekendstaan - tannie Poppie - se liefde vir mense en kos, het gelei tot ‘n uiters spesiale uitnodiging na Europa.

Dit sal boonop die eerste keer wees wat sy die grense van die Wes-Kaap verlaat.

Nuusdag het gaan uitvind wat die roosterkoekies so spesiaal maak. 

Source
Nuusdag