Taxi-dienste in Wes-Kaap hervat

Talle oë is op die taxi-verenigings in die Wes-Kaap, Cata en Codeta om vandeesweek hul strydbyl te begrawe.

KAAPSTAD - Taxi-base, plaaslike polisiebevelvoerders, tradisionele-, geloofs- en gemeenskapleiers het vanoggend saam by die Khayelitsha taxi-staanplek vir dieselfde ding gebid: Vrede.

Daar word gehoop dat taxi-verenigings, Cata en Codeta, vandeesweek 'n vredesooreenkoms oor die betwiste Paarl-roete kan bereik.

Die Wes-Kaapse wetgewer het dié roete na die Paarl en die B97-roete tussen Mbekweni in die Paarl tot in Belville, weens die geskil, gesluit.

Source
eNuus

Paid Content