TERS-bedrog: opvoeders en gesondheidswerkers grootste sondaars

TERS-bedrog het veral in Gauteng en die Wes-Kaap gebeur.

KAAPSTAD - Opvoeders en gesondheidswerkers was die grootste bedrieërs van die Werkloosheidsvergoedingsfonds se Tydelike Werknemerverligtingskema, bekend as TERS.

Dit het aan die lig gekom in 'n ondersoek van meer as 6 000 staatsdienswerkers, wat eise ter waarde van meer as R350-miljoen ingedien het, al was hulle nie werkloos nie.

Die spesiale ondersoekeenheid, of SOE, het ook bevind sewe van die fonds se amptenare het saamgespan oor TERS-bewusmakingsveldtogte, en dit het die fonds meer as R6-miljoen uit die sak gejaag.

Source
eNuus

Paid Content