Theewaterskloofdam loop oor

Boere in die Theewaterskloof-omgewing slaak 'n sug van verligting danksy 'n goeie reënseisoen.

THEEWATERSKLOOF - Groot dele van die Wes-Kaap beleef 'n goeie reënseisoen en die damme wat Kaapstad van water voorsien, is gemiddeld 97% vol.

Die Theewaterskloofdam, wat die meeste van Moederstad se water verskaf, het hierdie week begin oorloop.

Boere in die omgewing van die dam, wat twee jaar gelede nog beurtbesproeiing uit die Sonderendrivier moes toepas, het nou vol plaasdamme.

Source
eNuus

Paid Content