Tien gevangenes ontsnap tydens grendeltyd

Minstens tien gevangenes ontsnap uit tronke in Gauteng en die Wes-Kaap tydens inperking.

KAAPSTAD – Terwyl die departement van Korrektiewe Dienste aandag gee aan die meer as 1 600 gevalle van Covid-19 in sy tronke, het minstens 10 gevangenes in twee provinsies reeds ontsnap.

Gemoedere loop hoog in tronke en verskeie tronkwagte is die afgelope ruk aangeval.

Die inperking het veroorsaak dat gevangenes nou al meer as 90 dae lank nie besoek van familielede mag ontvang nie. 

Source
eNuus