Tienpuntplan vir landelike veiligheid

Nóg 'n pleidooi aan president Cyril Ramaphosa om die erns van plaasaanvalle en -moorde te erken

PRETORIA - Nóg twee organisasies het 'n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om die erns van plaasaanvalle en -moorde te erken.

AfriForum en die Suider-Afrika Agri-Inisiatief, of Saai, pleit ook by die president om 'n strategie op te stel vir die beveiliging van inwoners van landelike gebiede.

Hulle het 'n tienpuntplan aan Ramaphosa voorgelê in 'n ope brief wat hulle aan hom gestuur het.

Source
eNuus