Tjortsie kraai koning

Vergeet van die Kardashians - jy kan die wel en wee van 'n troetelhoender genaamd Tjortsie op sosiale media volg.

PRETORIA - 'n Troetelhoender van Pretoria is vinnig besig om die bekendste voël in die land te word, nadat 'n onbekende siekte hom platgetrek het.

Tjortsie is tuis ná sowat twee weke in die Onderstepoort-dierehospitaal, maar 'n lang herstelpad lê nog voor.

Sy veeartsrekening beloop ook al etlike duisende rand, maar sy eienaars sê hulle sal enigiets vir hulle verekind doen.

Source
eNuus