"Toename in Tuinroete nié tweede vlaag”

Die Wes-Kaapse regering probeer inwoners gerusstel na 'n onlangse toename van Covid-19-gevalle in dié provinsie.

KAAPSTAD In die laaste drie weke was daar n toename in Covid-19 gevalle in die Wes-Kaap.

Die suidelike voorstede van Kaapstad het ’n skielike styging van infeksies onder jong mense beleef wat met die nagklub, Tin Roof, verbind word.

Nou het George die afgelope week ’n nuwe brandpunt geword.

Die Wes-Kaapse gesondheidshoof, dr. Keith Cloete, glo nie dit is die begin van ’n tweede vlaag infeksies nie, hoewel hospitalisasie toegeneem het en meer positiewe gevalle die afgelope twee weke aangemeld is.

Source
eNuus