Toerisme-ondernemings verheug oor heropening van landsgrense

Skermsweefondernemings op die Tuinroete sê 70% van hulle kliënte is gewoonlik buitelandse toeriste.

SEDGEFIELD - Die verbod op internasionale reis die afgelope ses maande het die plaaslike toerismebedryf geknou.

In die Tuinroete-streek van die Wes-Kaap het duisende mense in dié sektor hulle werk verloor.

Sonder internasionale besoekers het baie ondernemings gesukkel om kop bo water te hou.

Hulle sien nou daarna uit om van 1 Oktober af weer buitelandse toeriste te verwelkom.

Source
eNuus