Toerismebedryf vra ook vir entstof

Wes-Kaapse toerismeorganisies wil so spoedig moontlik ingesluit word by die regering se entstofverspreidingsprogram.

MOSSELBAAI - Sakelui in Mosselbaai in die Wes-Kaap glo die vinnige verskaffing van die Covid-19-entstof aan werkers in die toerismebedryf kan dié sektor red.

SA Toerisme en ander drukgroepe het reeds 'n beroep op die regering gedoen dat werkers in dié bedryf by fase twee van die nasionale inentingsprogram ingesluit moet word.

Tans word daar slegs voorsiening gemaak vir die inenting van noodsaaklike werkers en bejaardes tydens fase twee van die entstofplan.

Source
eNuus

Paid Content