Tot siens, Theuns

Die sanger, Theuns Jordaan, het na 'n stryd met kanker gesterf.

Theuns Jordaan sal voortleef deur sy musiek.

So het van sy vriende in die bedryf vandag aan eNuus gesê.

Die sanger is Woendagoggend in die ouderdom van 50 jaar oorlede.

Dit nadat leukemie in September verlede jaar by hom gediagnoseer is en hy in Maart vanjaar 'n beenmurgoorplanting gehad het.

Hy het ook chemoterapie gekry. 

Hy word oorleef deur sy ouers, Willie en Maryna, suster, Linda, en ’n susterskind, David.

Source
eNuus

Paid Content