“Totsiens, goue seun”

Die legendariese Springbokkaptein en oudminister Dawie de Villiers het Saterdagaand gesterf.

Huldeblyke stroom in na die dood van die oudminister en Springbokkaptein Dawie de Villiers.

De Villiers is Saterdagaand in die ouderdom van 81 in sy huis in Stellenbosch oorlede.

Nie-Hodgkinlimfoom is in 2013 by hom gediagnoseer.

Hy het 25 toetse vir die Springbokke gespeel, maar was ook 'n gesoute politikus, ambassadeur en predikant.

Oudkollegas het hom beskryf as een van die argitekte van die nuwe Suid-Afrika.

Source
eNuus

Paid Content