Trane van vreugde vir Kaapse ma

'n Vermiste verstandelik gestremde man van Kaapstad is na ses jaar opgespoor.

Kaapstad, 25 Junie 2019 - 'n Kaapstadse gesin stort trane van vreugde nadat hulle verstandelik gestremde seun, wat ses jaar gelede verdwyn het, in eSwatini, voorheen bekend as Swaziland, opgespoor is.

Denzil Daniels keer na verwagting later dié week terug huis toe.

Dit nadat sy ma in 'n stadium moed opgegee en 'n begrafnis vir hom gehou het.

Source
eNuus