Transnet hou Corona met valkoog dop

Alle buitelandse vaartuie moet gesondheidsklaring kry van die departement wat vir hawegesondheid verantwoordelik is.

PRETORIA - Alle vaartuie wat Suid-Afrikaanse hawens binnekom, word aan streng ondersoeke onderwerp om te keer dat die gevreesde corona-virus versprei.

Transnet sê hy het gesondheidsmaatreëls by hawens opgeskerp, wat nie 'n groot impak op haweverkeer gaan hê nie.

Hy werk saam met die gesondheidsdepartement en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes om die moontlike verspreiding van die virus te stuit.

Source
eNuus