Tuinroete slaggereed in geval van ‘n derde Covid-19 vlaag

Gesondheidsowerhede sê hulle het die nodige aanpassings gemaak en is voorbereid op 'n moontlike derde vlaag van infeksies.

TUINROETE, WES-KAAP - Gesondheidswerkers langs die Tuinroete sê hulle is gereed om die uitbreking van 'n moontlike derde vlaag van coronavirusgevalle te hanteer.

Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement sê voorbereidings is in plek, sou dit in Mei tref.

Die Tuinroete was een van die eerste streke in die land om die tweede vlaag te beleef.

Dit het oor die Desember-vakansietydperk 'n verwoestende impak op die toerisme- en gasvryheidsbedryf in die gebied gehad.

Source
eNuus

Paid Content