Twee SA basketbalspelers op pad na Texas

Roderick Fredericks en Nabihl Liebenberg van die Paarl het 'n geleentheid gekry om hulle staal in een van die VSA se top basketballigas te wys.

PAARL - Harde werk en deursettingsvermoë is deurslaggewend vir 'n suksesvolle sportloopbaan.

Twee basketbalspelers van die Paarl in die Wes-Kaap weet dit al te goed.

Roderick Fredericks en Nabihl Liebenberg se drome is nou bewaarheid.

Hulle het 'n kontrak losgeslaan om vir die volgende vier jaar in die Amerikaanse basketbalamateurliga te gaan speel.

Source
eNuus

Paid Content