Tweede oudste ossewa nou by Voortrekkermonument te sien

Die wa het jare lank by die Laerskool Amersfoort gestaan voor dit aan die Voortrekkermonument, die Erfenisstigting en die FAK geskenk is.

PRETORIA - Die tweede oudste bestaande ossewa in die land is deur prof. Erik Holm gerestoureer en aan die Voortrekkermonument geskenk.

Holm, 'n bekende entomoloog, restoureer ossewaens as 'n stokperdjie.

Die ossewa is een van die oorblywende waens van die slag van Bloedrivier, wat aan Johannes Andries Marthinus Laas en sy vrou Sara Johanna behoort het.

Source
eNuus

Paid Content