“Uitgestorwe” plant herontdek

"Die ontdekking van Psoralea cataracta was heeltemal onverwags en onbeplan.”

KAAPSTAD - Verskeie plante wat as uitgesterf beskou is, kan moontlik in die Wes-Kaap herontdek word.

Dié provinsie het die meeste uitgestorwe saadplantspesies in die land, naamlik 40.

Maar binne die bestek van drie jaar is drie van die spesies weer gevind - almal deur dieselfde persoon.

Source
eNuus