Soteria Matipa en Natie Klopper is twee pa’s wat moeilike omstandighede te bowe moes kom.
PRETORIA - Dit was Sondag Vadersdag, maar vir die meerderheid kinders in Suid-Afrika is dit helaas nié 'n dag wat hulle kan vier nie.
Navorsing toon dat byna twee uit elke drie jongmense in die land afwesige pa's het.
Kenners sê die oorsake hiervan is uiteenlopend, maar 'n groot bydraende faktor is dat talle jong mans self nie 'n pa gehad het nie en dus nie weet hoe om dié rol te vervul nie.
Tog is daar pa's wat ten spyte van moeilike omstandighede en uitdagings dien as rolmodelle vir hulle seuns.
Source
eNuus