Vals klagte van rassisme teen polisielede, sê Solidariteit

Net twee uit 56 lede van Solidariteit wat van rassisme beskuldig is of dit self ervaar het, is uit die polisie ontslaan.

CENTURION – 56 polisielede wat aan Solidariteit behoort, het aangedui vals klagte van rassisme is teen hulle ingedien of hulle het self 'n vorm van rassisme ervaar.

Solidariteit se Navorsingsinstituut het vandeesweek 'n verslag bekend gemaak oor navorsing wat verlede maand daaroor gedoen is.

Die verslag is ook aan die polisie en Menseregtekommissie oorhandig vir verdere ondersoek.

Source
eNuus