Van der Vyver praat oor nuwe boek

‘n Groot deel van die boek vind plaas in Kuba, wat vir sowel Van der Vyver as haar hoofkarakter, Teresa, betower het.

JOHANNESBURG - Sy skryf in Afrikaans, maar haar boeke het internasionale roem verwerf.

Marita van der Vyver het ‘n nuwe roman geskryf wat handel oor die grensoorlog, wat van 1966 tot 1989 geduur het.

Haar hoofkarakter ontdek ‘n brief wat deur ‘n sterwende Kubaanse soldaat in Angola vir sy dogter geskryf is.

Sy besluit dan om na Kuba te reis om dit af te lewer.

Andrea van Wyk het met Van der Vyver gesels.

Source
eNuus