Van dwelmverslaafde tot ‘n Ysterman

Xolani Luvuno wil deur sy lewensverhaal ander ook inspireer.

CENTURION - Ná 'n lewe van hopeloosheid, dwelms en misdaad is 'n atleet besig om diep spore te trap -- met net een been.

Dit is Xolani Luvuno se verstommende verhaal.

Die 34-jarige het reeds sy staal gewys deur die Comrades verlede jaar op krukke te voltooi en daarna die Halwe Ysterman-kompetisie in Oos-Londen vroeër vanjaar.

Source
eNuus