Van Lavender Hill-skolier tot top mariene bioloog

Riaan Cedras het aanvanklik na skool gras gesny vir die vloot, maar toe ’n studiebeurs gekry om mariene biologie te begin studeer.

KAAPSTAD - Hy het op die bendegeteisterde Kaapse Vlakte grootgeword, maar deesdae lei hy ’n span internasionale wetenskaplikes wat navorsing oor die bewaring van die wêreld se oseane doen.

Die mariene bioloog, Riaan Cedras, sê sy grootwordjare in Lavender Hill het hom daarop voorberei om enige uitdaging te bowe te kom.

eNuus se Monique Mortlock het met hom gesels oor sy suksesverhaal.

Source
eNuus

Paid Content