Vearey glo sy afdanking was “sinister”

Die voormalige Wes-Kaapse speurhoof, Jeremy Vearey, gaan appelleer teen sy afdanking.

KAAPSTAD - Die voormalige Wes-Kaapse speurhoof, Jeremy Vearey, sê die besluit om hom af te dank, is 'n poging om hom stil te maak.

Hy is egter vasberade om sy reputasie in ere te herstel en sy werk terug te kry.

Daarom gaan hy teen sy afdanking appelleer.

Vearey is verlede week in ‘n tugverhoor daaraan skuldig bevind dat hy die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die nasionale polisiekommissaris in oneer gebring het.

Source
eNuus

Paid Content