Veldtog vir afslag vir skole by munisipaliteite

Skoleondersteuningsentrum het bevind dat skole tot 10% van hulle begroting aan munisipale rekeninge betaal.

CENTURION – 8% van skole wat aan navorsing deelgeneem het, betaal maandeliks meer as 'n R100 000 vir munisipale dienste.

Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum het die studie gedoen onder 156 hoofsaaklik Afrikaanse skole wat skoolgeld hef.

Dit blyk meer as 'n derde van die skole se munisipale rekeninge beloop tussen R 40 000 en R 70 000 per maand

Source
eNuus