Sanparke is vasbeslote om besoekers met die hulp van vennootskappe met die polisie, die stad se wetstoepassers en ander gesamentlike operasies veilig te hou.
KAAPSTAD – Vir baie is ‘n staptog op Tafelberg ‘n gewilde tydverdryf.
Dit het egter ‘n gevaarlike uitstappie geword namate al meer misdadigers niksvermoedende wandelaars en stappers teiken.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke wil die gemeenskap bewus maak oor misdaad-brandpunte binne parke.
Stappers word aangeraai om ekstra voorsorg te tref deur in groepe te stap of besonderhede oor waar hulle is met iemand te deel.
Source
eNuus