Verbruikers skuld Tshwane R12-miljard

PRETORIA - Verbruikers en belastingbetalers skuld die Tshwane-metroraad nagenoeg R12-miljard.

Burgemeester Stevens Mokgalapa, wat die naweek aangekondig het hy gaan teen die einde van die maand bedank, meen die raad pas nie swak bestuur toe nie.

Hy sê baie van die probleme het hulle in 2016 by die ANC geërf toe die DA- en EFF-koalisie beheer van die stad oorgeneem het.

Verder is die Wonderboom-lughawe ook in die soeklig omdat die metroraad dit nie verder kan onderhou met sy huidige sakemodel nie.

Uittredende burgemeester Steven Mokgalapa glo dat Moody’s se kredietgradering van A+ beteken dat die DA goeie werk verrig in die hoofstad