Ure nadat die gesondheidsdepartement gesê het leerlinge in klaskamers hoef nie meer maskers te dra nie, is daar teruggekrabbel.
Covid-19-regulasies oor gesigmaskers wat in die Staatskoerant gepubliseer is, het ontsteltenis uitgelok en verwarring veroorsaak.
Die regulasies is gepubliseer kort voordat die oorgangsmaatreëls teen Covid-19 sou verval.
Dié maatreëls was van krag nadat die ramptoestand op 4 April 2022 opgehef is.
Ingevolge die jongste regulasies is Suid-Afrikaners steeds verplig om binnenshuis maskers te dra.
Die gesondheidsdepartement het vroeër in 'n verklaring gesê dit geld nié vir kinders in skole nie, maar het erken dit was 'n fout.
Source
eNuus