VF+ en TLU-SA: “Polisieminister moet gaan!”

Die polisie het 'n agterstand van meer as 208 000 DNS monsters wat nog ontleed moet word.

PRETORIA - 'n Politieke party en 'n landbou-organisasie sê die Minister van Polisie het slagoffers van geweldsmisdaad in die steek gelaat en eis dat president Cyril Ramaphosa hom uit sy amp verwyder.

Bheki Cele het aan die Parlement gesê hy was nie eers bewus van 'n tekort aan verbruiksgoedere by die polisie se forensiese eenheid nie.

Hy het om verskoning gevra vir slagoffers van geslagsgeweldsmisdade en beloof om meer geld en hulpbronne aan die eenheid toe te ken om die agterstand te pak.

Source
eNuus

Paid Content