Virtuele gedenkdiens vir Constand Viljoen gehou

Beperkte getal gaste woon die virtuele gedenkdiens van Constand Viljoen by.

PRETORIA - Slegs 'n beperkte getal vriende en familie kon weens inperkingsregulasies generaal Constand Viljoen se gedenkdiens fisies bywoon.

Viljoen was die hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag voor 1994 en is op 3 April op 86-jarige ouderdom oorlede.

Daar was egter ook ‘n virtuele diens waarby rouklaers kon inskakel.
 

Source
eNuus