Duisende matriekleerlinge by privaat skole blink uit in 2020 se eindeksamen.
JOHANNESBURG - Die lang wag vir meer as 12 000 matriekleerlinge wat die Onafhanklike Eksamenraad se eindeksamen geskryf het, is uiteindelik verby.
Net meer as 98% van hulle het die eksamen geslaag.
Die matriekklas van Helpmekaar-kollege in Johannesburg het die skool se beste matriekuitslae in tien jaar opgelewer.
Dit ondanks die ontwrigting van die 2020-skooljaar deur die Covid-19-pandemie en die inperking.
Source
eNuus