“Voor ongeluk baklei ek, nou leer ek mense Noord-Sotho”

Izak Geldenhuys se lewe het handomkeer verander ná 'n motorfietsongeluk in 2008.

PRETORIA - Om meer as een van Suid-Afrika se inheemse tale te kan praat, verbreed jou perspektief en verryk jou ervarings met jou medelandsburgers.

Só sê Izak Geldenhuys.

Dié voormalige advokaat het destyds in die hospitaal begin leer om Noord-Sotho te praat.
Nou leer hy meer as 'n 100 studente om dié taal te lees, te skryf en te praat.

Hy het selfs sy eie handboek geskryf.

Source
eNuus

Paid Content