Voortrekkermonument trek nuwe baadjie aan

Die FAK is besig om ‘n reeks skouspelagtige vertonings by die Voortrekkermonument op te neem.

PRETORIA - Die FAK het kragte met Jak de Priester en die Voortrekkermonument saamgesnoer vir 'n spesiale reeks virtuele konserte.

Dit staan bekend as die "Hier Staan Ons"-konsertreeks.

Die konserte word teen die monument se vooraansig geprojekteer en digitaal uitgesaai.

Dit stel jou in staat om vanaf enige plek ter wêreld in te skakel.

Source
eNuus