Vreugde op vliegtuig uit China

Suid-Afrikaners wat in China gestrand is, kon uiteindelik die vlug haal wat hulle reeds ’n maand gelede huis toe moes bring.

JOHANNESBURG  118 Suid-Afrikaners wat vier maande lank in China gestrand was, het Dinsdagoggend vroeg in Suid-Afrika aangekom.

Dit is die eerste Suid-Afrikaanse repatriasievlug wat daardie land kon verlaat ná die groep wat vroeg in Maart uit Wuhan teruggekeer het.

Die groep sluit in swanger vroue, ’n sewe-maandeoue baba en ’n man wat van Maart af in aanhouding in China was omdat sy visum verval het.

’n Voormalige SA Express-vlieënier het ses weke lank geswoeg om die private vlug van die grond te kry – al het dit hom R4 miljoen uit die sak gejaag.

Source
eNuus