Vrou verhoed om sterwende pa te groet

Larissa Myburgh se pa is oorlede net voordat sy ‘n isolasiefasiliteit kon verlaat.

CENTURION - 'n Suid-Afrikaanse vrou wat tydens die inperking spesiaal teruggekom het huis toe, kon nie van haar sterwende pa afskeid neem nie omdat sy eers in isolasie geplaas is by 'n hotel in Centurion.

Larissa Myburgh pak die skuld hiervoor op swak kommunikasie deur die departement van gesondheid.

AfriForum wil nou die saak hof toe neem.

Dít om die regering te dwing om Suid-Afrikaners wat die land op repatriasievlugte binnekom, toe te laat om in selfisolasie te gaan.

Source
eNuus