Vroue fliek in hul "slaap"

Sowat 2 000 vroue het landwyd saam fliek gekyk vir 'n goeie doel.

PRETORIA - Hoe gemaak as jy lus is om te gaan fliek, maar nié kans sien vir opdollie nie?

Wel, dan bly jy sommer in jou nagkabaai en gaan raak só gemaklik voor die grootskerm.

En dis presies wat nagenoeg 2 000 vroue Donderdagaand by teaters landwyd gedoen het.

Dit alles ten bate van ‘n goeie doel – én ‘n poging om ’n Guinness-wêreldrekord te laat spat vir die meeste vroue wat gelyktydig in hul nagklere fliek.

Source
eNuus