Vrystaatse boervrou oorleef ontvoering

"Dit was vreeslik erg om in die loop van 'n geweer vas te kyk en te weet dis nou die einde."

OOS-VRYSTAAT - 'n Vrystaatse boervrou sê sy glo goeie kommunikasie tussen familielede, boere en die polisie het haar lewe gered.

Marieta Groenewald dink ook haar vermoë om Sesotho te praat en met haar aanvaller te onderhandel, het genoeg tyd gewen sodat hy haar nie vermoor het voor hulp opgedaag het nie.

Groenewald is ontvoer minder as 80 kilometer vanaf die plaas waar die jong plaasvoorman Brendin Horner vroeër hierdie maand vermoor is.

Source
eNuus