Vrystaatse watergrafpad eis 21 lewens vanjaar

Die pad is in April 2022 onbepaald gesluit, maar talle motoriste ignoreer die versperrings, dikwels met ernstige gevolge.

ALLANRIDGE, VRYSTAAT - Boere in die Vrystaat is gefrustreerd omdat die provinsiale paaiedepartement die R30-pad naby Allanridge met grondwalle gesluit het.

Dit nadat talle voertuie spoed- en waarskuwingstekens geïgnoreer het en in 'n pan water langs die pad beland het.

Die departement is besig om noodverkrygingsprosesse te volg om 'n geskikte kontrakteur te identifiseer om die probleem op te los, maar kan nie sê hoe lank dié proses gaan neem nie.

Source
eNuus

Paid Content