Vrywilligers knap JHB-begraafplaas op

Die groep Friends of Johannesburg Cemeteries kom maandeliks bymekaar om grafstene te skrop, rommel op te tel en die plantegroei in toom te hou.

JOHANNESBURG, GAUTENG - 'n Handjievol vrywilligers staan elke maand 'n Sondagoggend af om Johannesburg se begraafplase skoon te maak en te verfraai.

Die groep Friends of Johannesburg Cemeteries is in 2018 gestig met die oogmerk om die stad se geskiedkundige begraafplase te bewaar.

Source
eNuus

Paid Content