Vyfde vuurwapenamnestie sedert 1994

Suid-Afrikaners het vir ses maande amnestie gekry om hulle onwettige of onnodige vuurwapens in te handig.

JOHANNESBURG - Vuurwapeneienaarskap is 'n omstrede kwessie in Suid-Afrika waar gemiddeld 58 mense elke dag vermoor word.

'n Amnestietydperk is nou vir die vyfde keer sedert 1994 ingestel vir Suid-Afrikaners wat onwettige vuurwapens of vuurwapens wat hulle nie langer nodig het nie, by die polisie wil inhandig.

Dit het Saterdag begin en duur tot 31 Januarie 2021.

Source
eNuus