“Waar kry misdaadsindikate wapens?”

Honderde onskuldiges is jaarliks die slagoffers van oor-en-weer-skietgevegte tussen bendes in die Wes-Kaap.

KAAPSTAD – Die families van slagoffers van geweld in die Wes-Kaap doen 'n beroep op die polisie om te fokus op ondersoeke na die verskaffing van wapens aan bendelede.

Die pleidooie volg op die onlangse inhegtenisneming van die Durbanse wapenhandelaar, Anderson Padayachee.

Hy het glo jare lank wapens aan misdaadsindikate verskaf.

Source
eNuus

Paid Content