Waar is Wes-Kaap se grootwithaaie?

Die impak van die oëskynlike verdwyning van die spesie op die mariene ekostelsel is enorm, omdat haaie amper heel bo in die voedselketting is.

KAAPSTAD - Die geheimsinnige verdwyning van grootwithaaie in die Wes-Kaap klink soos goeie nuus vir swemmers en branderplankryers.

Maar dis baie slegte nuus vir die seelewe, die ekonomie en die voortbestaan van dié kwesbare spesie wêreldwyd.

'n Groep wat haaie dophou, het die afgelope jaar nog nie 'n enkele grootwithaai in Valsbaai gesien nie.

Source
eNuus