Walus-paroolbesluit terugverwys

Die SAKP soek nog antwoorde oor die sluipmoord op Hani.

PRETORIA - Die Hooggeregshof in Pretoria het opdrag gegee dat die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste se besluit om Janusz Walus nie op parool vry te laat nie, binne 60 dae hersien word.

Walus het die destydse SAKP-leier, Chris Hani, in 1993 vermoor.

Hy is aanvanklik ter dood veroordeel, maar sy vonnis is later tot lewenslange tronkstraf versag.

Source
eNuus