Wat het die Klopse met die R54-miljoen gedoen?

Die DA het die ouditeur-generaal gevra om sy versoek vir 'n forensiese ondersoek te oorweeg.

KAAPSTAD Die Kaapse Klopse Karnavalvereniging is in die spervuur oor miljoene rand wat hy van die nasionale loterykommissie ontvang het.

Die geld was veronderstel om op die oprigting van 'n Klopse Karnaval-museum en ander projekte bestee te word.

Maar die DA het die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, gevra om 'n forensiese ondersoek te doen om vas te stel waarvoor dit gebruik is.

Source
eNuus

Paid Content